Kapel

Ons Kapel is die hart van die aftree-oord. Hier word weekliks Bybelstudie, op Vrydae oggende, asook eredienste, op Sondae gehou. Die preek wat elke Sondag in die plaaslike NG Kerk gelewer word, word direk in die Kapel uitgesaai.

Die Kapel is ‘n stil, vredevolle plek, wat oop is vir inwoners om te benut vir stiltetyd en refleksie.