Etes

Ons verstaan dat om gesond te eet deel is van ‘n gesonde lewensstyl vir ‘n bejaarde. Dit is egter nie altyd moontlik vir die verswaktes of diegene wat alleen woon, om dit te doen nie.

Ons spysenier berei drie gebalanseerde, tuisgemaakte etes per dag voor vir al ons eenhede, met uitsondering van die selfversorgingseenhede. Ons is bekend daarvoor dat ons smaaklike kos voorsit. Alle etes word ooreenkomstig ‘n gebalanseerde voedingswaarde plan voorberei en bied verskeie keuses.