Selfversorgingeenhede

Semi-selfversorgingswoonstelle

Ons 8 semi-selfversorgingswoonstelle is ideaal vir enkellopendes of pare. Dit sluit ook drie maaltye per dag, water en elektrisiteit, skoonmaakdienste en sorg in.

Selfversorgingseenhede

Vir diegene wat soek na gemoedsrus en onafhanklikheid, of vir hulle wat nog fiks en gesond is, bied hierdie 20 eenhede die opsie om die eenheid by die huidige eienaar te koop. Slegs verblyfreg word gekoop en nie die eiendom nie. Dit is belangrik om daarop te let dat met die verkoop van so ‘n eenheid, die kapitaalgroei gelykop (50/50) verdeel word tussen die Louis Swanepoel Aftree-oord en die testament van die vorige eienaar.