Eenhede vir Versorging van Verswakte Persone

Ons 14 eenhede vir die versorging van verswakte persone is toegerus om daardie persone wat nie meer in staat is om na hulself om te sien nie, te hanteer. ‘n Plaaslike mediese dokter, Dr Deon Engelbrecht, ‘n ten volle gekwalifiseerde verpleegkundige,Suster Nelie Steyn en ‘n span versorgers lewer ‘n 24-uur mediese diens. Hulle sien passievol toe dat daar aan elke behoefte voldoen word.