Gemaklike leefruimte vir elke behoefte

By Stella Aftreeoord bied ons ’n verskeidenheid akkommodasie‑opsies wat by elke lewensfase pas.
Van volledig ondersteunde hoësorg‑eenhede met mediese aandag rondom die klok tot semi‑selfsorg woonstelle en onafhanklike huise, geniet ons inwoners gemak, sekuriteit en gemoedsrus in ’n warm, omgee‑omgewing.

Ons 8 gesellige woonstelle is perfek vir alleenlopers of paartjies. Geniet die gerief van drie maaltye per dag, nutsdienste, skoonmaak en versorgingsdienste – alles terwyl jy tuis voel.

Vir diegene wat na gemoedsrus en onafhanklikheid soek, of vir inwoners wat steeds fiks en gesond is – hierdie 20 eenhede gee ’n opsie om die eenheid by die huidige eienaar aan te koop vir okkuprasieregte, nie die eiendom nie. 

Dit is belangrik om kennis te neem dat by die verkoop van die eenheid, die kapitaal‑waarde gelykop (50/50) verdeel word tussen Stella aftreeoord en die vorige eienaar se boedel.

Ons hoësorgafdeling sluit 13 beddens in 9 kamers in, bestaande uit 5 enkelkamers en 7 dubbelkamers. Hierdie eenhede is ontwerp vir inwoners wat voltydse ondersteuning benodig en meegevoelende, 24‑uur versorging. 

Ons bied 24‑uur mediese dienste wat gelei word deur Dr Deon Engelbrecht, ons plaaslike dokter, Suster Nelie Steyn, ’n volledig gekwalifiseerde verpleegsuster, en ’n toegewyde span versorgers wat elke behoefte met professionaliteit en deernis aanspreek.

Ontdek die lewe by Stella Aftreeoord

Daar is meer aan ons dorp as net gemak en sorg – ons inwoners geniet ’n lewende gemeenskap gevul met betekenisvolle aktiwiteite, gedeelde maaltye, geestelike ondersteuning en warm verbindings. Sien wat ons dorp elke dag soos ’n tuiste laat voel.