Gemoedsrus vir onsself en ons geliefdes is ‘n belangrike lewensfaktor. Om die regte aftree-fasiliteit vir ons bejaarde ouers te vind, is vir meeste mense een van die hoogste prioriteite wanneer dit by gemoedsrus kom.
Dit is egter nie ‘n maklike keuse nie, aangesien daar verskeie faktore is wat oorweeg moet word, wanneer ons ‘n besluit hieroor moet neem. Faktore soos: Is die plek veilig? Is dit bekostigbaar? Is die versorging op standaard? Is daar voldoende versorging vir ‘n verswakte persoon? Voel die plek soos “om by die huis te wees?” Is dit ‘n plek waar die inwoners gelukkig is? Is die personeel goed opgelei, kundig, vriendelik en behulpsaam?
Die lys van vrae is as’t ware eindeloos!
Ondervinding en nalatenskap beteken baie in besluite soos hierdie. Ons is in 1981 deur Ds. Louis Swanepoel gestig om vir inwoners volgens hul individuele behoeftes te sorg. Dit doen ons sedert dié datum steeds met groot passie en liefde vir al ons inwoners.
Stella is sentraal geleë in die Noordwes Provinsie en bied ‘n veilige, skoon, en gesonde lewenstylomgewing, in ‘n gematigde bosveldklimaat. Om in hierdie klein dorpie gevestig te wees, stel ons in staat om in ‘n veiliger omgewing te funksioneer en waarde vir geld te bied in vergelyking met groter dorpe en stede in die provinsie. Ons verwelkom graag inwoners van regoor die Noordwes Provinsie, en selfs verder weg, om Louis Swanepoel Aftree-oord hul tuiste te maak.
Dit is belangrik dat ons inwoners versorg sal voel, derhalwe is ons fasiliteite ingerig om die beste in die omgewing te wees. Ons bied vier opsies ten opsigte van woonfasiliteite, afhangende van die behoefte van ‘n inwoner. Dit is verder belangrik dat almal wat in ons sorg is, gemaklik sal wees en die fasiliteite en sorg wat hulle elke dag benodig, tot hul beskikking sal hê.