Ons Visie, Missie en
Verbintenis

Visie

Stella Aftreeoord is die voorkeur aftree‑instansie in die streek, wat waarde toevoeg en ’n tuiste skep waar inwoners veilig, versorg en waardeer voel.

Missie

Ons bied volhoubare, inklusiewe en bekostigbare sorg van die hoogste gehalte wat die fisiese, geestelike en sosialebehoeftes van ons inwoners aanspreek.

Boodskap van
die Raad van Trustees

Die Trustees is dankbaar vir die vertroue wat in ons geplaas is om hierdie besondere gemeenskap te bestuur. Ons bedank alle vrywilligers en borgskappe wie se ondersteuning help om ons dorp ’n gastevrye, hoë‑kwaliteit tuiste te maak.

Ons verbintenis is om dissipline, deursigtigheid, verantwoordelikheid, onafhanklikheid en integriteit in alles wat ons doen te handhaaf, sodat inwoners met toewyding en deernis versorg word.